3 dae per week
- Vol program vir 3 vaste skooldae per week
- Buigsaamheid om later na 4 of 5 dae op te skaal
Hier is die volledige uiteensetting van ons fooiestruktuur, ekstra’s en hoe betalings werk — alles op een plek.
| Bak & Brou | R460 per kwartaal |
|---|---|
| Registrasie | R1 100 (eenmalig) |
| Ad-hoc / ekstra dag | R150 per dag |
U kan die aantal dae gedurende die jaar wysig (waar plek beskikbaar is).
| Opsie | Koste per maand | Geskatte koste per dag* |
|---|---|---|
| 3 dae per week | R2 525 | ≈ R194 / dag |
| 4 dae per week | R2 565 | ≈ R148 / dag |
| 5 dae per week | R2 600 | ≈ R120 / dag |
*Bereken oor ’n tipiese maand met 13, 17 en 22 skooldae onderskeidelik. Werklike dae kan wissel met vakansies.
Ja, u kan die aantal dae wysig solank daar plek in die betrokke groep is. Laat weet ons net betyds sodat ons roosters kan aanpas.
Ad-hoc (ekstra) dae word teen R150 per dag gehef en moet vooraf bevestig word sodat ons personeel en aktiwiteite kan beplan.
Dit is ons prettige Vrydag-aktiwiteit met bak/kook, sensoriese spel en handvaardigheid. Dit kos R460 per kwartaal vir leerders wat op Vrydae bywoon.
Oorplasings word verkies (sien bankbesonderhede). Gebruik asseblief u kind se naam as verwysing.